Sekte

Die term sekte verwys na 'n afsonderlike religieuse gemeenskap of groepering wat as gevolg van sy leerstelling(s) of rituele in konflik is met die heersende opvatting van 'n gevestigde kerk of ander groot religieuse organisasie of geloof. 'n Sekte het hom sodoende van 'n groter kerk of ander geloof afgeskei, of sy aanhangers is uit die organisasie of geloof verban.

Die term het vanweë sy geskiedenis en kerklike taalgebruik 'n negatiewe konnotasie gekry en word dikwels met sekere gevare vir die voortbestaan van 'n gevestigde kerk of geloof, maar ook die basiese beginsels van staat en maatskappy verbind.

Die moderne godsdienswetenskap gee gevolglik die voorkeur aan neutrale terme soos afsonderlike religieuse gemeenskap of nuwe religieuse beweging.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search